Visse | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklasse | |
'n Vis is 'n waterlewende gewerwelde (Latyn: vertebrata) dier met kieue. Die meeste visse is koudbloedig. Daar bestaan meer as 32 000 verskillende spesies visse in die wêreld. Vis is 'n belangrike bron van proteïen in die dieet van die mens.[1] Teen 2001 is vis na raming deur 1 miljard mense as hoofproteïenbron verbruik.[1]